Bethlehem Voortrekker atlete oes medaljes op Graanveld
ADVERTISEMENT
Bethlehem Voortrekker atlete sorg vir die grootste medalje-oes op Graanveld. “Uitnemendheid” som BVHS se prestasies tydens die jaarlikse Graanveld-atletiekbyeenkoms op die atletiekbaan op. BVHS wen die byeenkoms oortuigend en dit is te danke aan toegewyde atlete en afrigters. Die aflosspanne het die groot Trekkerskare op hul voete gehou, met die uitslag van 7 uit 10 wat die kroon gespan het op ‘n uiters suksesvolle dag vir BVHS. ’n Ryke medalje-oes was die gevolg van puik tye en afstande. Voortrekker sluit die dag af met medaljes waarvan 89 goud, 62 silwer en 47 brons was.
Die dag is ook gekenmerk deur die groot aantal rekords wat verbeter is. Voortrekker se atlete het die rekords behoorlik laat spat! Sybrand Bester (0/15 aflos), Sebastiaan Moses (0/15 100m en aflos), Anke Gunter (1500m hindernis), Kiara Montgomery (3000m), Ixoré Cilliers (paalspring) Immanuel Veitch( 400 hekkies), Lisa Rautenbach ( gewigstoot), Karli van Niekerk (gewigstoot), Teboho Motloung (0/15 aflos), Wian Botha (800m),Danika Zwahlen (2000m hindernis), Catrien Janse van Vuuren (hammergooi), Thato Nthebere (0/15 aflos), Marjulyn Myburgh (diskus)
Met harde werk, toewyding en vasberadenheid van atlete en afrigters, aangevul deur die geesdriftige ondersteuning van ouers, onderwysers en maats, is enigiets moontlik. Ons sien uit na die atletiekseisoen wat voorlê!

Name vlnr:
Voor: Sybrand Bester (0/15 aflos), Sebastiaan Moses (0/15 100m en aflos), Anke Gunter (1500m hindernis), Kiara Montgomery (3000m), Ixoré Cilliers (paalspring)
Agter: Immanuel Veitch( 400 hekkies), Lisa Rautenbach ( gewigstoot), Karli van Niekerk (gewigstoot), Teboho Motloung (0/15 aflos), Wian Botha (800m),Danika Zwahlen (2000m hindernis), Catrien Janse van Vuuren (hammergooi), Thato Nthebere (0/15 aflos), Marjulyn Myburgh (diskus)









