Laerskool Oranje-Noord atlete gekies om Noord-Kaap te verteenwoordig
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die volgende Laerskool Oranje-Noord leerders wat gekies is om die Noord-Kaap te verteenwoordig by die Nasionale Atletiekbyeenkoms wat 19 – 21 Maart plaasvind in Kaapstad by die bekende DHL Stadium (Groenpunt). Hierdie prestasie is die resultaat van harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. Ons is SO trots, woorde is te min om te kan beskryf!
Alle sterkte vir die laaste voorbereiding. Hou Oranje-Noord en die Noord-Kaap se naam hoog!
Albert Botha O/10
- Gewigstoot
Christiaan van der Westhuizen O/11
- 80m
Latham Christians O/12
- 100m
- 150m
Pierre van Rooyen O/13
- 800m
- 1500m
Mija Barlow O/13
- 75mH
- 200mH
Joani Mathewson O/13
- Verspring
Baie geluk Rooibye! Wys die kaap jou Z O O M !!!










