Laerskool Montagu sport en kultuur presteerders
ADVERTISEMENT
Laerskool Montagu sport presteerders. Baie geluk aan die volgende twee leerders wat op sportgebied uitgeblink het: Zack Roos is opgeneem in die Boland o.13 Akademie rugbyspan wat die komende vakansie aan ‘n toernooi gaan deelneem. Keeshia de Vlam is verkies tot die Shiraz o. 13 hokkiespan.
v.l.n.r. Zack Roos en Keeshia de Vlam
Kultuur presteerders Zoetendal Redenaars Donderdag, 25 Mei het vyf Monties; Sion Stemmet, André Bosman, Mariké-Mari McAlpine, Luan Koekemoer en Bea Pool in Agulhas gaan deelneem. Sion en André het in die graad 5-afdeling deelgeneem. Baie geluk aan Luan wat die eerste plek in gr. 6 verower het. Bea Pool was tweede in graad 7.
ATKV-semifinale rondte Bea Pool het gevorder tot by die ATKV-semifinale rondte in Bellville. Die gehoor het haar toesprake baie geniet.
v.l.n.r.
Luan Koekemoer en Bea Pool










