Laerskool Magalieskruin karateka presteer by die Nasionale Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Stian Lombard van Laerskool Magalieskruin het die afgelope naweek aan die World Karate Federation / Karate Suid-Afrika, Nasionale Kampioenskappe deelgeneem in die Elite-afdeling, aangebied by die Universiteit van KwaZulu-Natal in Durban. Hy het ’n uitmuntende prestasie gelewer in sy kategorie en die titel van Suid-Afrikaanse Kampioen in die Elite Kumite-afdeling verower. Hierdie prestasie is besonder merkwaardig, aangesien Stian onlangs, vanuit die Development-vlak na die Elite-afdeling gevorder het, en nou reeds die hoogste nasionale titel behaal het.
Baie geluk Stian, ons is trots op jou!










