Laerskool Magalieskruin karateka kwalifiseer om Tshwane te verteenwoordig
ADVERTISEMENT
Laerskool Magalieskruin se Stian Lombard het Saterdag, 8 November, aan die Karate Tshwane Kampioenskappe deelgeneem. Hy het met goud in beide Kata en Kumite in die Elite-divisie, gekwalifiseer om Tshwane te verteenwoordig by die Gauteng Karate Kampioenskappe in Februarie 2026 as deel van die 2026 Tshwane span! Ons is trots op jou, Stian!










