Hoërskool Witteberg karateka presteer
ADVERTISEMENT
JKS Bethlehem (Bethlehem Karate) het die naweek van 26 & 27 Mei aan die JKS Nasionale Karate kampioenskappe in Johannesburg deelgeneem. Spanne sover as Kaapstad het aan die kompetisie deelgeneem. Drie Hoërskool Witteberg karateka het die volgende prag prestasies ingepalm. Wilien Botha (links) behaal brons vir kata en brons vir kumite elite in die afdeling eie ouderdomsgroep. Hanré Dreyer (middel) behaal goud vir kata en brons vir kumite elite afdeling eie ouderdomsgroep asook goud vir senior span kata. Newton Hillis (regs) behaal brons vir kata en brons vir kumite ontwikkelings afdeling eie ouderdomsgroep.










