Laerskool Louis Leipoldt leerder gekies vir (TPL) Kudu’s o.13 Netbalspan
ADVERTISEMENT
Laerskool Louis Leipoldt leerder gekies vir Tshwane Provincial League (TPL) Kudu’s o.13 Netbalspan: Renske Roux, ‘n Graad 7 van Laerskool Louis Leipoldt, is gekies om deel te wees van die Tshwane Prime League (TPL) – ‘n streeksnetballiga wat uit 10 klubs bestaan en deur Tshwane Netbal aangebied word. Renske is gekies vir die Pretoria Kudu’s. Die liga vind plaas vanaf Saterdag 4 Oktober 2025 tot Sondag 2 November 2025.Sterkte en baie geluk met die uitsonderlike prestasie.














