Laerskool Laeveld tennis prestasie
ADVERTISEMENT
Laerskool Laeveld se 1ste seuns- en dogterstennisspan het vir die eerste keer in 42 jaar op toer gegaan, en dit was ‘n belewenis wat elke kind terdeë geniet het. Hulle het hul staal gewys by die ATKV Buffelspoort Tennistoernooi, waar daar 5 skole in die meisiesafdeling en 10 in die seunsafdeling was. Na 3 dae se intense wedstryde het ons meisies die medalje verower, met Primêre Skool Jordania van Bethlehem wat die toernooi gewen het. Die seuns het aanvanklik eerste in hul poel geëindig na 2 dae, maar het ongelukkig in die semifinaal verloor teen Curro Nelspruit en het uiteindelik ‘n puik 3de plek behaal. We want to thank our coaches for their tireless dedication, our parents for their ongoing support, and our sponsors who backed our tennis teams all the way. Your involvement made a big difference!
















