Laerskool Kenridge Graad 2 leerder ontvang die Eisteddfod Keramiek trofee vir beeldhou
ADVERTISEMENT
Laerskool Kenridge leerder Sebastian Schwardt (Graad 2) het die Tygerberg Internasionale Eisteddfod Keramiek trofee vir sy beeldhouwerk gewen. Dit is gebaseer op die sprokie van die resies tussen die skilpad en die haas. Die skilpad werk hard en die lui hasie sit op sy rug. Die werkie is vol karakter en detail en dit is duidelik waarom Sebastiaan ‘n kunstenaar is om dop te hou. Ons is baie trots op hom.
![]()










