Laerskool Hennopspark se Kaalvoet-Landloopspan behaal uitmuntende prestasies
ADVERTISEMENT
Laerskool Hennopspark se Kaalvoet-Landloopspan het op 24 Augustus 2024 uitmuntende prestasies behaal tydens die gesogte Super 12-landloopbyeenkoms by die Voortrekkermonument. Die skool het besonderse resultate gelewer en het weereens bewys waarom hulle een van die voorste laerskole in sport is. In die spankompetisie het Hennopspark se o.10 en o.11 dogtersspanne elk ‘n eerste plek ingepalm, terwyl die o.11 seunspan ‘n tweede plek behaal het.
Individueel het Adriaan Botha, ‘n o.9-leerder, sy kompetisie oorwin deur eerste te eindig, terwyl Anika Botha en Merize Smit onderskeidelik tweede en derde plekke verwerf het. Wat die algehele resultate betref, het die skool se dogters vierde geëindig, die seuns agtste, en die skool as geheel vyfde uit ‘n totaal van 22 deelnemende skole.














