Laerskool Hennopspark jong wetenskaplikes gereed om hul idees met die wêreld te deel
ADVERTISEMENT
Nuuskierigheid. Kreatiwiteit. Harde werk. Laerskool Hennopspark jong wetenskaplikes het die afgelope paar maande hul tyd, energie en passie in indrukwekkende ekspo-projekte belê – en dit is uiteindelik kompetisie-tyd! Die spanning en opwinding is in die lug voelbaar. Van biologie tot ingenieurswese – hierdie slimkoppe het eksperimente aangepak wat jou verstom sal laat. Nou is hulle gereed om hul idees met die wêreld te deel.
𝗦𝗲𝗻𝗶𝗼𝗿𝘀 (𝗚𝗿𝗮𝗮𝗱 𝟳)
• Joan McDonald – Loop met gemak
• Reinhardt Rossouw – Intelligente blindekol-monitering vir ’n fiets
• Burger Duvenhage – Outonome reënmeter
𝗝𝘂𝗻𝗶𝗼𝗿𝘀 (𝗚𝗿𝗮𝗮𝗱 𝟭–𝟲)
• Ludwig Steinmann en Arno Botha – Parasiete vs borrie
• Imke de Beer en Marli Nel – Invloed van musiek op die leerproses
• Ilsené Els – Leer met kleur
• Lana Laubscher – Positiewe invloed van skaak
• Charlotte Janse van Rensburg – Waar kruip gogga’s weg?
• Stephanie O’Reilly – Skoon sonpanele gee meer krag
• Karlie van Rensburg – Die water maak die plant… of doen dit?
• Jean Swart – Prostese met hidroliese sisteem
• Karlien Laubscher en Nieke de Klerk – Die invloed van bakpoeier op kolwyntjies











