Laerskool Hartenbos leerders presteer in sport en kultuur
ADVERTISEMENT
Eden-atletiek: Hierdie groep leerders van Laerskool Hartenbos was almal opgeneem in die Eden atletiekspan wat gaan deelneem het in Paarl, Wes-Kaap. Ses van hierdie leerders: Anke van der Westhuizen, Franell Maritz, Jade Marx , Jacques van Wyk, Washe Louw en Maria Wolfaart is in die Wes-Kaap atletiek span opgeneem en het in Pietermaritzburg gaan deelneem aan die Suid- Afrikaanse atletiek-kampioenskappe. Maria Wolfaart het ‘n gou medalje verower in gewigstoot dogters o.12.
![]()
Eden Netbal: Nika Kirstein is opgeneem in die Eden netbal-span wat in Julie maand gaan toer.
Nika Kirstein
Wes-Kaap netbal Mi-jeanne Botha is opgeneem in die o.12 Wes-kaap netbalspan wat 25-28 Junie 2023 gaan deelneem aan Suid Afrikaanse netbaltoernooi by EG Jansen in Boksburg.
Mi-jeanne Botha
Eden Tennis:
Vlnr: Chamé Strydom, Nika Kirstein, Tameré Stewart, Anke van der Westhuizen en Lisa Pretorius (afwesig) is onder die Top 10 gerang in die Eden Distrik tennis-span. Hierdie spelers neem deel aan verskeie toernooie deur die jaar.
SWD rugby
Vlnr: Malherbe Jonker, Michael-John Meyer, Nihan Potgieter, Francois Schoeman en Hanno De Villiers. Nihan Potgieter is gekies vir die SWD o.13 rugby-span wat 25 – 30 Junie 2023 gaan deelneem die Cravenweek Laerskole rugby toernooi in Pietermaritzburg. Malherbe Jonker, Francois Schoeman, Hanno De Villiers en Michael-John Meyer is gekies vir die SWD XV-tal wat gaan deelneem in Pietermaritzburg 25 – 30 Junie 2023.
SWD hokkie: Mi-Jeanne Botha en Abigail Swart (vlnr) is beide verkies vir Eden hokkie span op 7 Mei 2023 te Hoërskool Knysna in Knysna. Abigail gaan vir Eden provinsie verteenwoordig by die Interprovinsiale toernooi in Bloemfontein in Julie 2023 en Mi-Jeanne verteenwoordig Eden provinsie by die Interdistrik toernooi in Paarl in Julie 2023.
Suid-Ooskaap ATKV- redenaars
Vlnr: Anke van der Westhuizen, Janie du Plessis , Louis Swanepoel, Mi-Jeanne Botha, Mija Havenga en Cherie Pietersen het almal gaan deelneem aan die halfeind-rondte van die ATKV redenaarskompetisie in die OosKaap. Louis Swanepoel was ook gekies om deel te neem aan die Wesk-Kaap streeksfinale vir Radikale Redenaar, waar hy ‘n tweedeplek behaal het.
Skaak. Jaylie Botha is deel van die Eden skaak-span wat aan verskeie skaakkompetisies deur die jaar deelneem.
Jaylie Botha










