Laerskool George-Suid leerder ontvang SA Protea Kleure in skaak
ADVERTISEMENT
Laerskool George-Suid is ongelooflik trots om Mari Greeff geluk te wens met haar toekenning van SA Protea Kleure in Skaak. Mari was deel van die span wat Suid-Afrika verteenwoordig het by die FIDE Wêreldbeker wat vanaf 22 Junie tot 3 Julie in Batumi, Georgië plaasgevind het. Tydens nege dae van intense kompetisie met nege wedstryde het Mari uitstekend presteer met twee gelykop-uitslae en drie wenne. Mari se deursettingsvermoë, harde werk en toewyding is ‘n ware inspirasie vir ons skaakspelers.












