Laerskool Gansbaai leerders skitter aan die Marie Delport Memorial Skaaktoernooi 2025
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Danielle Stevens (Gr 7), wat die afgelope naweek, 25 & 26 Januarie in Worcester skaak gespeel het en ‘n 4de plek bereik het. Sy het nie in haar ouderdomsgroep gespeel nie, maar deelgeneem in die vroue ope afdeling, waar sy die jongste speler in dié afdeling was. Baie geluk, Danielle. Laerskool Gansbaai is trots op jou!











