Laerskool Gansbaai-skaakspelers presteer in die Overberg Skole- en Federasietoernooi
ADVERTISEMENT
Geluk aan die Laerskool Gansbaai-skaakspelers wat op Saterdag, 1 Februarie 2025 aan die Overberg Skole- & Federasietoernooi deelgeneem het. Die Gansies het in al vier kategorieë onder die top 3 geëindig.
- o.7 Leroux Coetzer, 2de
- o.9 Rossouw Coetzer, 1ste en Quade Crafford, 3de
- o.11 Hanro Coetzer, 2de
- o.13 Danielle Stevens, 3de
Danielle is aangewys as die beste damesspeler van die dag en Mieke Kotze as beste onder o.7-dogter. ‘n Spesiale dank aan al die spelers wat ons skool trots verteenwoordig het op die skaakbord! Julle het beslis gesorg dat die skaakgroep 2025 goed begin – trots op elkeen van julle.














