Laerskool Fontainebleau sport prestasies
ADVERTISEMENT
Ons kyk terug na die wintersport-seisoen van 2022 en deel graag Laerskool Fontainebleau se sport prestasies met trots.
Rugby:
Baie geluk aan die volgende 0.11 & 0.12 seuns wat gekies is om die Sentraal Rugbyspanne te verteenwoordig:
0.11
- Frederick du Plessis
- Gustav Erlank
- Ariel Meij
- Jayden Nel
- Charl van Tonder
- Wiaan van Westing
0.12
- HP Brönn
- Sebastian Marx
- Reatile Ramatlotlo
- Pieter Steyn
- Levi van Vuuren

Sentraal Rugby
Chris Smit is verkies tot die 0.13 Goue Leeus Jeug Rugby Interprovinsiale span. Welgedaan Chris. Jy maak Fonties trots!

Chris Smit
Krieket
Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is as deel van die JHB Noord Krieket Streekspan:
- Kyle Cameron
- Leonardo Carreira

JHB Noord Krieket Streekspan
Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot Noord-Wes Krieket Streekspanne!
Pieter Kalis wat wat die Noord-Wes Krieket Streekspan verteenwoordig, het op 27 Augustus teen JHB Wes gespeel en het 158 lopies van 91 balle gemaak. Welgedaan Pieter! Jy maak Fonties so trots!

Pieter Kalis
Baie geluk aan Divian Pretorius wat gekies is vir die Noord-Wes Gauteng Binnehuise Krieketspan. Wat ‘n prestasie! Hierdie besonderse jong man was nie net verkies vir die Noord-Wes Gauteng Binnehuise Krieketspan nie, maar is ook verkies om deel te vorm van `n handjie vol spelers ( slegs 48 kinders in die land ) wat genooi is na die Suid- Afrikaanse proewe. Hulle gaan volgende jaar Suid-Afrika verteenwoordig in die 2023 Wêreldbeker toernoei.

Divian Pretorius
Landloop
Fonties se langasem atlete het deurgedring na die Gauteng Landloop Kampioenskappe. Ons is baie trots op Lida-Mari Badenhorst, Chanél Le Roux en Divan Edwards.

Lida Mari

Divan Edwards

Chanel Le Roux
Landloop
Chanél Le Roux het deurgedring na die SA Landloop Kampioenskappe wat op 17 September plaasvind. Baie sterkte Chanél! Fonties staan bankvas agter jou.

Chanel SA











