Laerskool Eversdal leerders blink uit in sport
ADVERTISEMENT
Laerskool Eversdal leerders blink uit in sport: Topskole: Ons o.13A Netbalspan het Nasionaal deelgeneem aan die SA Topskole in Boksburg 9-10 Augsustus 2023 en is daar aangewys as die wenners.
Agter v.l.n.r : Mnr Gys Burger (Skoolhoof) Lize Fourie, Mila Marais, Marli van der Westhuizen, Caitlyn Potgieter, Mila Albertse, Mev Abeline Laubscher (Afrigter).Voor v.l.n.r : Liza Mostert, René Bothma, Mieke Marais en Nichole Londt
Rugby o.12: Baie geluk aan ons Evers wat verkies is tot die o.12 WP Rugbyspan.
Foto v.l.n.r: Edrich Colyn, Gys Burger(skoolhoof) en Bryce Paulsen.
Atletiek: Baie geluk aan die volgende atlete wat Weskaap-Kleure verwerf het.
Links na regs: Leah Brink & Lea Smit
Skaak Top Skole: Ons skaakspanne het deelgeneem aan Metro-Noord Skaak Topskole Kompetisie. Die o.13 Dogterspan het gekwalifiseer om deel te neem aan die Weskaap Topskole waar hul `n algehele 4de plek behaal het.
Agter v.l.n.r: Mev Rene Prins (koördineerder), Hannah Reid, Chanel Nelson, Jessika Wolf, Mnr Gys Burger (skoolhoof) Voor v.l.n.r: Mari Bezuidenhout, Maridi Wagner, Katja Geldenhuys
Tennis: Baie geluk aan ons tennis spelers wat Wp Kleure ontvang het.
v.l.n.r: Ané Bowman, Lea Smit, Stefan van Eyk, Daniël Visagie, Francois Hugo en Mnr Gys Burger (skoolhoof)









