Laerskool Ellisras kraai kultuur
ADVERTISEMENT
Kultuur is by Laerskool Ellisras net so belangrik soos Akademie en Sport, omdat dit vir kinders selfvertroue, selfdissipline en selfrespek leer. Hierdie leerders het nie net na die finale Artistatue ronde (Redenaars en Public Speaking) deurgedring nie, maar ook posisie onder die eerste tien behaal. Busisa Mashego het ook tydens die finale ronde van die ATKV Redenaarskompitiesie ‘n 4de plek behaal met sy (Afrikaanse addisionele taal) redenaarstoespraak.

(Foto: van links na regs)Dylan-Ross van Wyk (1ste plek: Eng Public speaking),Busisa Mashego (1ste plek: Afrikaans Addisionele taal: Redenaars),Samuel Marais (4de plek: Afrikaans Huistaal: Redenaars),Gerhard Bothma (5de plek: Afrikaans Huistaal: Redenaars),Ùte Denysschen (2de plek: Eksperimenteel, Annuschka Swanepoel (2de plek: Eksperimenteel)









