Hoër Volkskool teen Gill Sportuitslae
ADVERTISEMENT
Hoër Volkskool het na Somerset-Oos gereis en aan ‘n baie opwindende sportdag deelgeneem. Die hokkie het Vrydag reeds gespeel en die uitslae was as volg: HVS 0.16A span speel teen Gill se eerste span en verloor ongelukkig die wedstryd 1 – 2. Die HVS 0.16B span speel teen Gill se tweede span en speel gelyk 0 – 0
Saterdag was die Netbal se jaarlikse Interksole geleentheid. ons netbalspanne het baie goed gevaar en kon ons die skild huis toe bring vir ide algehele wenners op die dag. sedert 2015, toe die kompetisie begin het, kon Volkskool elke jaar die beker huistoe bring. ongelukkig moes ons die eerstespan se wenbeker afstaan. die tellings vir die spanne was as volg:
- HVS 0.14 speel teen Gill 0.14B en wen 9-8.
- HVS 0.15 speel teen Gill se 0.14A span en verloor 19-20.
- HVS 0.16 A speel teen Gill 0.16 A en wen gemaklik 19-10.
- HVS 0.16 B speel teen Gill se 0.16B span en wen 10- 8.
Die eerstespan verloor ongelukkig die wedstryd na ‘n baie moedige stryd. die telling was 17 – 30 in Gill se guns. Die rugby het skoonskip gemaak en al ons wedstryde is gewen. die tellings is as volg:
014 wen 36-7.
0.15 wen 17-3.
0.16 wen 29-0
2de wen 20 -8
1stes wen 32-20. die drieë is gedruk deur Lugaston Baartman, Aswill Swartz en A.J. de Jager, terwyl die skopwerk deur A. J. de Jager gedoen is. Die volgende teenstander is Hoërskool DF Malherbe te Gqeberha. Baie sterkte aan al ons spanne!
![]()










