Laerskool Durbanville spog met 19 WP-atlete
ADVERTISEMENT
Laerskool Durbanville is ongelooflik trots om aan te kondig dat hulle 19 WP-atlete het om die skool te verteenwoordig by die gesogte Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe. Hierdie talentvolle atlete gaan aan 29 items deelneem. Ons wens elke atleet sterkte toe vir die kampioenskappe. Mag julle met selfvertroue deelneem, julle beste lewer en elke oomblik geniet. Ongeag die uitslae, is julle reeds wenners in ons oë!

Voor (van links na regs): Greyling van den Heever, Renier van Deventer, Guy Joyce, Lienka de Jager, Martus Schoeman, Christoff Groenewald-Mostert, Karla Brown, Annabelle Swart en Leah Louw Agter (van inks na regs): JJ Bester, Tiaan Janse van Rensburg, Silke Aucamp, Anika Brand, Josua Muller, Kari van den Heever, Dian Botha, Diné van de Wal, Zoë van Zyl en Hanja Heesakkers









