HTS John Vorster Atletiekinterhoër uitslae
ADVERTISEMENT
HTS John Vorster Atletiekinterhoër uitslae. Ons jaarlikse atletiekinterhoër was vol pret en plesier en ons atlete het baie goed gevaar. Baie geluk met elkeen se prestasie en ook julle passie vir die sport. Ons is trots op elke leerder wat deelgeneem het. Dankie ook aan ons ondersteuners wat die dag saam met ons deurgebring het. Ons deelname sou ook nie so suksesvol gewees het sonder die uitstekende organisasie van mnre Marko van der Merwe en Erich Broodrijk nie. Dankie ook aan elke afrigter en organiseerder wat lang ure saam met ons leerders deurgebring het tydens oefeninge om hulle gereed te kry vir dié dag.
Uitslae:
- 20 podium plekke.
- 8 x 1ste plekke
- 7 x 2de plekke
- 5 x 3de plekke





















