Laerskool Durbanville koor oes toekennings in die ATKV Applous nasionale finaal
ADVERTISEMENT
Laerskool Durbanville se koor het die afgelope week aan twee groot kompetisies deelgeneem en met die louere weggestap! Saterdag, 26 Julie het hulle aan die Stellenbosch Eisteddfod se pryswennerskonsert in die Endlersaal deelgeneem en twee kategorieë gewen:
- Beste Laerskool Senior Koor
- Beste uitvoering van ’n Suid-Afrikaanse komponis (laer- tot hoërskole-afdeling)
Donderdag, 31 Julie het hulle aan die nasionale finaal van die ATKV Applous in Pretoria deelgeneem en is daar as algehele wenners aangewys.











