Laerskool Bellville-Noord se 2024 Hoofleiers én Raad van Leerders ingehuldig
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord het Vrydagoggend, 16/2, die Raad-van-leerders amptelik ingehuldig in hul rol vir 2024. Alle graad 7’s vorm deel van die Raad-van-leerders en moet ‘n voorbeeld wees vir die res van die skool. Hul gaan dan ook in verskeie spanne werk vanjaar. Hul ouers het die geleentheid gekry om die balkies op die verhoog aan te steek.
Dié verrigtinge is voorafgegaan met die aankondiging van die hoofleiers vir 2024. Daar is vier onder-hoofleiers, en twee hoofleiers. Die onderleiers is Mia Schnetler-Labuschagne, Elzanne Jordaan, Roelof Botes en Liam Christiansen. Die hoofleiers is Lanique Theron en Kaylib Aylward. Veels geluk aan julle almal.










