Laerskool Bastion redenaars kan met die beste in SA praat
ADVERTISEMENT
Laerskool Bastion se redenaars het in Gauteng gewys dat ons Bassies met die bestes in die land kan saampraat. Ons is super-trots op ons twee nasionale wenners, Taylin Steyn vir Afrikaans Huistaal Gr 7 en Elzine van der Linde vir Gr 7 Tweetalig by die Radikale Redenaars nasionale finaal.
Ons is ook ongelooflike trots op Nicole Abrahams wat tweede geëindig het in Gr 5 Afrikaans Addisionele Taal en Keanu Whittaker wat die tweede plek behaal in Graad 7 Afrikaans Addisionele Taal by hierdie kompetisie. Ons trots swel verder met Keanu Whittaker wat by die Oppie Tong Af kompetisie vierde geëindig het, en Alex Whittaker wat daar sesde gekom het in hul onderskeie ouderdomsgroepe.Knap gedaan, Bassies!














