Laerskool Bakenkop se Landloop-atlete presteer by die SA’s
ADVERTISEMENT
Laerskool Bakenkop is ongelooflik trots op al 7 van hulle atlete wat aan die Atletiek SA’s deelgeneem het. ’n Besonderse prestasie kom van Hailey Evans wat 3de geïndig het vir dogters O/13. Sy en haar ander 3 Gauteng Noord spanmaats eindig ook 1ste met ’n goue medalje.
Logan Scholtz het ook uitstekend gevaar met ‘n 5de plek vir seuns O/13, en hy en sy 3 spanmaats het die podium gehaal met ’n 3de plek. Beide Hailey en Logan het boonop gekwalifiseer om aan Skole-Suid-Afrika deel te neem in Witrivier. Hulle is ongelooflik trots op elke Bakie-atleet – julle laat ons BLOM hier in die Lente!















