Hoërskool Volksrust Landloop Interhoër 2025
ADVERTISEMENT
Hoërskool Volksrust Landloop Interhoër 2025 te Standerton – ‘n Dag van trots, deursettingsvermoë en uitsonderlike prestasie! Die prysuitdeling het afgeskop met die ligawedlope se uitslae: Volksrust Hoërskool eindig 3de algeheel in die liga.
- Junior seuns – 2de plek
- Senior dogters – 3de plek
Toe begin Interhoër en Volkies het gewys waarvan ons gemaak is! Junior seuns het met ‘n silwer én brons medalje die veld oorheers en is as Junior Seuns Interhoër wenners gekroon!
- Saphira van Aswegen het ’n briljante wedloop gehardloop en ‘n goud ingepalm vir die Die Senior dogters het ‘n 3de plek verower as span.
- Senior seuns moes deur die seisoen struikelblokke trotseer, maar vandag het hulle gewys hulle gee nie op nie!
- Philani Twala wen die wedloop met n uitstekende wedloop en Bayanda Nzukazi verower n brons medalje – Die Senior Seuns wen Interhoër 2025!
Volksrust deel die 3de plek in die algehele Interhoër uitslae met Piet Retief. Ons is ongelooflik trots op elke atleet wat deel was van hierdie prestasies. Volkies het vandag harte en podiums gewen. Elke atleet het ‘n medalje of 3 huistoe gebring.












