Laerskool Aliwal-Noord netbalspanne presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Die naweek van 21 tot 22 Maart het Laerskool Aliwal-Noord se 0/12A en 0/13A netbalspanne aan ‘n toernooi deelgeneem te President Brand skool in Bloemfontein. Daar was 15 skole wat deelgeneem het aan die toernooi. Die meisies was ook bevoorreg om afrigting by die Protea netbalster Karla Pretorius te ontvang. Die naweek was gevul met talle netbalwedstryde en hope pret tussen deur die wedstryde. Oor die algemeen was dit ‘n bedrywige naweek van netbal vol intensiteit en spanwerk.
Die spanne het baie goed gevaar en baie geleer. Die o.13s het 9 uit 13 wedstryde gewen en die o.12s het 7 uit 12 wedstryde gewen. Ons netbalspanne en afrigters is beslis reg vir 2025 seisoen.













