Karate leerder van Hoërskool Witteberg in Protea span
ADVERTISEMENT
Hanré Dreyer, ‘n Gr.9 leerder, het die afgelope naweek aan die KSA (Karate Suid-Afrika) Nasionale kampioenskappe deelgeneem. Die kampioenskappe het Vrydag en Saterdag plaasgevind in Tongaat, KZN. Hanré verower ‘n brons medalje in kumite asook vir span kumite vir die Vrystaat span in die kadet seuns afdeling. Sondag was daar ‘n KSA oefen sessie gewees. Na afloop van die oefen sessie is die Protea span en die KSA span aangekondig wat Suid-Afrika in Junie vanjaar in Namibie gaan verteenwording aan die UFAK Region South Kampioenskappe. Hanré is tot die Protea span gekies vir kumite en asook vir die KSA span vir kata. Hy verkry sy Protea klere vir kumite en KSA klere vir kata.
Baie geluk Hanré, ons is trots op jou!

Hanré Dreyer









