HTS Drostdy kwartaal 1 sport uitblinkers
ADVERTISEMENT
HTS Drostdy kwartaal 1 sport uitblinkers:
Tennis – Agnes Pauw toernooi. Die meisies van die eerste tennisspan neem deel aan die gewilde Agnes Pauw tennistoernooi en eindig algeheel 3de uit 10 spanne.
V.l.n.r. Bea Mortimer, Mienke le Roux, Mieke Kruger, Carla Botha, Linmarie le Roux, Janke Olivier
Krieket – De Lange trofee
Die eerste wedstryde om die De Lange trofee is die kwartaal tussen Drostdy en Worcester Gimnasium gespeel. Mnr. Dawie de Lange is ‘n legendariese oudonderwyser en krieketgees van Drostdy terwyl sy seun, Con de Lange, ‘n voormalige internasionale krieketspeler (Skotland: 2015 – 2017) ‘n oudleerder van Worcester Gimnasium was. Con is in 2019 oorlede en die twee skole het besluit om hiermee sy nagedagtenis te eer. Drostdy se o.15A- en o.19A-spanne het hul wedstryde gewen en dus wen Dawie de Lange die eerste trofee. Plaas asb die krieketspanne so der name en gebruik eerder die verduideliking.













