LS Slot van die Paarl se Sportdag 2025 was ‘n dawerende sukses
ADVERTISEMENT
Wat ‘n dag! Laerskool Slot van die Paarl se 2025 Sportdag was weereens ‘n dawerende sukses! Die son het geskyn en die atmosfeer was elektries. Elke een van die 10 deelnemende skole het hul “A-game” gebring en die kompetisie was absoluut straf.
‘n Reuse DANKIE aan almal wat hierdie onvergeetlike dag moontlik gemaak het – julle is goud werd! En ‘n spesiale dankie aan elke skool wat die pad gevat het om saam met ons te kom kuier en deel te wees van hierdie fees.
Ons kan nie wag om julle volgende jaar weer te sien nie! Maak reg vir nog meer aksie, opwinding en sportmangees!






































