HS Stellenbosch 1ste netbalspan het aan die Menlo‑netbaltoernooi deelgeneem
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Stellenbosch Eerste Netbalspan het aan die Menlo‑netbaltoernooi in Pretoria deelgeneem. Hulle het fantasties gespeel, baie geleer en kom sterker terug! Selfs ’n besering kon nie die gees breek nie. ’n Groot dankie aan ons ongelooflike ouers wat saam gereis het, ondersteun het en pragtig gelyk het in hul nuwe ondersteunershoede! Hierdie span is beslis een om mee rekening te hou.














