HS Bredasdorp netbalspelers is verkies tot die Wes-Kaap netbalproewe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Bredasdorp is baie trots op leerders Junicke Newman (o.18), Zani Neethling (o.16), Alicia Mukaratirwa (o.15) en Lindzé Diedericks (o.15) wat eerskomende naweek aan die finale rondte van die Wes-Kaap netbalproewe in Oudtshoorn deelneem. Dis beslis ‘n uitstekende prestasie om op hierdie vlak teen die beste netbalspelers in die provinsie te kan meeding. Veels geluk, ons hou styf duimvas vir julle.










