HS Stellenbosch atletiekinterskole weer teen die hange van Coetzenburg
ADVERTISEMENT
Vir die eerste keer in twee jaar het die skote vir Hoërskool Stellenbosch se atletiekinterskole weer teen die hange van Coetzenburg weergalm om ‘n terugkeer na normale skoolsport te maak. Ses skole het hierdie jaar aan die inte rskolebyeenkoms deelgeneem, waaronder Hoërskool Charlie Hofmeyr, Worcester Gimnasium, Jan van Riebeeck, Vishoek, en Curro Langebaan. Hoërskool Stellenbosch was die gasheerskool.Die Stellies-atlete het besonders goed gevaar, en op die dag ‘n totaal van 76 medaljes ingepalm, waarvan 29 goud.
Die Stellebosch-atlete het ook in agt items die rekord verbeter, onder andere: Basti Bredell in hoogspring; Beyon Prins in die 800m; Cay-Leigh Carolissen in die 800m, 1500m, en die 3000m; Wiaan Martin in die 200m; Michael Prins in diskusgooi en Karli le Grange in spiesgooi. Cay-leigh Carolissen is ook as gesamentlike senior Victrix Lodorum vir die dag aangewys. Hoërskool Stellenbosch het aan die einde van die dag ‘n algehele tweede plek vir die atletiek behaal, en ook ‘n tweede plek vir die sang. Ons sien uit daarna dat hierdie byeenkoms in die jare wat volg iets sal wees om na uit te sien.
Dirigente
Interskole optog










