Hoërskool Zwartkop muurbalspelers is die SA School Toernooi wenners
ADVERTISEMENT
Twee van Hoërskool Zwartkop se muurbalspelers is aangewys as die SA Schools Closed Squash Tournament se wenners. Chanté Leppan is die o.19 dogterskampioen – alhoewel sy nog o.17 is – en Luhann Groenewald is die o.19 seunskampioen! Daarmee saam het nog van ons Zwarries gedurende die toernooi vir puik resultate gesorg.
Die uitslae is as volg:
- Juan-Corné Brand (o.16) is 4de in die o.19 seunsafdeling.
- Frederik Botha is 12de in die o.19 seunsafdeling.
- Jeanine du Rand is 10de in die o.19 dogtersafdeling.
- Teonie Badenhorst is 12de in die o.16 dogtersafdeling.
- Logan Kidson is 12de in. die o.16 seunsafdeling.
- Johannes Badenhorst is 10de in die o.14 seunsafdeling.
- Jason Naudé is 11de in die o.14 seunsafdeling.
Baie geluk, Zwarries!










