Hoërskool Zwartkop Langasem neem aan SPAR se dameswedloop deel
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop Langasem Li-Mari neem aan SPAR se dameswedloop deel. Li-Mari Dekker het aan die SPAR-dameswedloop se 10km resies deelgeneem en ‘n alghele 23ste plek in die wedloop gekry. Li-Mari het die afstand in 38:00,00s kafgedraf en het die 2de plek in die juniordogters se wedloop behaal. Dit is ‘n groot prestasie vir Li-Mari en plaas haar nog verder in die kollig van Suid-Afrikaanse vroue- en juniorpadwedlopers.

Li-Mari Dekker ontvang haar silwer medalje (links)

Li-Mari Dekker kruis wenpaal tydens SPAR dameswedloop









