Hoërskool Witteberg Vrystaat Landloop uitslae
ADVERTISEMENT
Hoërskool Witteberg atleet Gerhard Bossert en Francisca Rheeder het aan die Vrystaat Landloopkampioenskappe deelgeneem en uitstekende prestasies behaal. Gerhard het ‘n 3de plek behaal in die seuns onder 17-kategorie, terwyl Francisca ‘n 12de plek behaal het in die dogters onder 15-kategorie. Beide atlete is gekies vir die Vrystaatspan wat op 7 September aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan deelneem.












