Hoërskool Witteberg Dogterskrieket 11de jaar agtereenvolgend TBM kampioene
ADVERTISEMENT
Witteberg se eerste dogterskrieketspan het vandag in die TBM finaal teen Paul Erasmus gespeel. Witteberg het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Mia Daacke het voorgevat met die bal en 4 paaltjies laat kantel vir 11 lopies in 4 beurte. Marichelle Spies het haar mooi bygestaan met 2 paaltjies vir 9 lopies in 4 beurte… Paul Erasmus kon slegs by ‘n totaal van 75/9 in 20 beurte uit kom.
Leoze Lottering met 34*(20) en Amy Kotze met 30*(20) het slegs 6.3 beurte nodig gehad om by die wen totaal van 76 lopies uit te kom.Witteberg wen die wedstryd met 10 paaltjies en is vir die 11de agtereenvolgende keer kampioen in die TBM liga.
Voor van links: Cara de Beer, Helene-Mari Spies, Leozé Lottering, Amy Kotzé, Leanné Viljoen, Martinique Grobler
Agter van links: Me. Melincke Maartens (Voormalige afrigter), Lize van den Berg, Mia Daacke, Zane Wessels, Mnr. Jaco Ackerman, Arné Maritz, Evané du Toit, Marichelle Spies en Me. Mione van Deventer










