Hoërskool Waterkloof stoeiers vaar pragtig in SA kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Twee Hoërskool Waterkloof-leerders, wat stoei by ‘n buiteklub beoefen, het die afgelope Saterdag aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir die Grieks Romeinse stoeistyl, deelgeneem. Beide het in die o.15-ouderdomsgroep en in die 48-51kg gewigsklas deelgeneem. Juan Groenewald (gr. 9) het ‘n goue medalje ingepalm en Marius Venter (gr. 8 ) het ‘n silwer medalje ontvang. Juan en Marius verdien hiermee wéér hul Gauteng-Noord kleure in stoei. Juan ontvang ook sy Suid-Afrikaanse kleure in stoei, ‘n prestasie wat hy vir die vyfde keer vermag. Baie geluk, Juan en Marius met dié pragtige prestasies – ons is baie trots op julle!










