Laerskool Randhart word met toekennings by die Ekurhuleni-Suid distrik vereer
ADVERTISEMENT
Laerskool Randhart, wat vanjaar met trots sy 50ste bestaansjaar vier, is tydens vanjaar se Sport- en Kultuurtoekenningsgeleentheid van die Ekurhuleni-Suid distrik vereer met ń spoggerige rits toekennings. Baie dankie aan elke Rantie-leerder, personeellid en ouer wat ons skool oor jare help bou het tot ń baken van uitnemendheid in Alberton.
Toekennings:
- Sportdogter van die jaar: Kiara Kers 3de, Taylin de Jong 1ste
- Sportseun van die jaar: Tatum Kers 1ste
- Kultuurdogter van die jaar: Marnelle Moroney 1ste
- Laerskool van die jaar: Laerskool Randhart 1ste
- Kultuurskool van die jaar: Laerskool Randhart 1ste
- Tegniese beampte van die jaar: Bonita Mentz 2de
- Sportspan van die jaar: Krieket 1ste span en netbal o.13A (saam) 2de
Vat 50, Ranties!
![]()










