Hoërskool Bredasdorp Prestige Toekennings 2022
ADVERTISEMENT
Hoërskool Bredasdorp Prestige Toekennings 2022. Die toekennings vir die toppresteerders in die onderskeie afdelings is vanjaar as volg:
- UCT Wiskunde Olimpiade: Top 10-groep: Liezel vd Mescht, Janco Fourie
- Media & Klank: Janco Fourie
- Skaakspeler: Javen Hansen
- Dogtersatleet: Caitlin Olivier
- Seunsatleet: Tristan Tayob
- Gholfspeler: Johané Beukes
- Seunskrieketspeler: Zandré le Sueur
- Dogterskrieketspeler: Anelmari van Niekerk
- Dogterstennisspeler: Anelmari van Niekerk
- Seunstennisspeler: AJ Basson
- Dogterswemmer: Elza de Kock
- Seunswemmer: Alexander Janse van Rensburg
- Fietsry: John Dunn
- Onderwaterhokkie: Elza de Kock
- Boothengel: Hugo Bester
- Archery: Lulah Killingbeck
- Handball: Mkhululi Tundezwa
- Landloop: Patrick Plaatjies
- Dogtershokkiespeler: Johané Beukes
- Seunshokkiespeler: Joshua Swart
- Netbalspeler: Elmarie Vermeulen
- Rugbyspeler: Fortune Goni
Nerine Bezuidenhout wen vanjaar die Smit-trofee vir Akademiese Vasberadenheid en Deursettingsvermoë.
Anelmari van Niekerk, gr 11-leerder van Hoërskool Bredasdorp, is vanjaar aangewys as die Algehele Beste Sportpresteerder. Sy is deur SA Krieket benoem as een van die top drie o.16-spelers tydens die nasionale kriekettoernooi vir o.16-spelers.
Die “Kindliness & Courtesy”-prys is ‘n uitsonderlike toekenning wat jaarliks toegeken word aan ‘n matriekseun en -dogter. Hierdie mooi eer het vanjaar vir Elmarie Vermeulen en Hugh-Robin du Toit (afwesig) te beurt geval. Hartlik geluk!
Baie geluk aan Remi Mostert en Tanit van Rheede wat vanjaar die Retief-toekenning vir Akademiese Verdienstelikheid ontvang het.
Leani van Lill het vanjaar tydens Hoërskool Bredasdorp se Prestige-toekenningsaand die Overberg Agri-toekenning vir uitsonderlike leierskap ontvang. Ons wens hierdie BD-ambassadeur en uitsonderlike leier sterkte toe met haar toekoms.
Hoërskool Bredasdorp is baie trots op Timna Ngcaba wat vanjaar die MOOV Akademiese skenking vir ‘n verdienstelike leerder vir naskoolse studie, gewen het. Harde werk en toewyding word beslis beloon.
Janco Fourie, hoofseun van 2022, is vanjaar aangewys as die Mees Veelsydige leerder in gr 12. Vir hierdie mooi prestasie verower hy die Jacqueline Leuvennink-trofee. Baie geluk!
Nerine Bezuidenhout (Links) en Britney-Leigh Oliver het vanjaar tydens die HSB Prestige-aand die Johan Norman-trofee vir die uitleef van Christelike waardes, ontvang.
Die top kultuurtoekennings by vanjaar se HSB Prestige-aand was: Helena Kriel, LBF Prokureurs Wisseltrofee vir die mees uitsonderlike kultuurprestasie, Amanda Gouws, Floraland Wisseltrofee vir die mees veelsydige Senior kultuurleerder en San-Mari Rossouw, Brenda van der Walt-trofee vir mees veelsydige Junior kultuurleerder.
Amanda Gouws mees veelsydige senior kultuurleerder
Helena Kriel mees uitsonderlike kultuur prestasie
San-Mari Rossouw mees veelsydige Junior Kultuurleerder
Die DUX-leerder skild, die hoogste akademiese toekenning wat jaarliks aan matrikulante met die beste akademiese prestasie toegeken word, word vanjaar gedeel deur Janru Retief en Zoë Louw. Beide hierdie uitsonderlike presteerders het vanjaar ‘n gemiddeld van 88,33% gehandhaaf. Hulle ontvang ook die LBF Prokureurs-kontantprys vir hul top prestasie. Baie geluk!
Janru Retief en Zoë Louw
Die matrikulante wat vanjaar tydens die HSB Prestige-aand vereer is met skoolhooftoekennings vir hul uitstaande karaktereienskappe is:
Agter vlnr: Leigh Peregrino (Caring), Janco Fourie (Hulpvaardigheid en Integriteit), Bazola Stofile (Leierskap), Elmarie Vermeulen (Integriteit), Zoë Louw (Leierskap) Voor vlnr: Nerine Bezuidenhout (Omgee en Integriteit), Janru Retief (Hulpvaardigheid en Integriteit), Joshua Swart (Leierskap en Pligsgetrouheid), Britney-Leigh Oliver (Leierskap)
Foto krediet aan: Sonja van Zyl Photography










