Hoërskool Waterkloof skoonheidskompetisie Mnr. en Mej. Waterkloof 2024
ADVERTISEMENT
Mnr. en Mej. Waterkloof is beslis nie nét ‘n skoonheidskompetisie nie, maar ‘n aand van pret, kreatiwiteit en spanwerk! Hierdie luisterryke geleentheid, TENDENSMENS (trending now), het 5 Maart 2024, plaasgevind. Ons spogfinaliste se bekendstellingsvideo’s en kreatiwiteitsitems was vir seker die hoogtepunt van die aand! Wat ‘n finominale aand vir die deelnemers en almal wat die voorreg gehad het om dit by te woon.
Ons wenners is as volg:
- Mej. Waterkloof: Shani Hugo
- Mnr. Waterkloof: Riwan van Aswegen
- Eerste Prinses: Denike Ueckermann
- Eerste Prins: Eric Enslin
- Tweede Prinses: Sophia-Mari Botha
- Tweede Prins: Ben Delport
- Kreatiwiteit: Mikhal die mentalis
- Mej. Fotogenies: Nalize Duvenhage
- Mnr. Fotogenies: Dian Bester
- Mnr. Persoonlikheid: Eric Enslin




































