Hoërskool Witteberg leerder presteer in Miss Teen World 2022 kompetisie
ADVERTISEMENT
MISS TEEN WORLD 2022. Yulienke Jacobs, ‘n Graad 10 leerder van Witteberg het aan die Miss Teen World Kompetisie in Pretoria deelgeneem.
- 84 meisies het deelgeneem aan die kompetisie.
- Yulienke eindig algeheel 2e nadat die groep verklein is na ‘n Top 5.
- Sy ontvang haar Internasionale titel as MISS TEEN INTERNATIONAL SOUTH AFRICA 2022.
Yulienke gaan Suid-Afrika Oktober vanjaar verteenwoordig in Ecuador, Suid-Amerika! Baie geluk Yulienke! Ons is trots op jou!










