Hoërskool Waterkloof se “Moving Magic” bekoor
ADVERTISEMENT
“Moving Magic”, die 2022 dansproduksie van Hoërskool Waterkloof se Dansakademie, het van Woensdag 25 Mei tot Sondag 29 Mei in die Staatsteater plaasgevind. Verskillende dansgenres op die temamusiek van bekende films het die gehoor behoorlik gaande gehad. Die passievolle danse en uitstekende choreografie het elke vertoning onvergeetlik gemaak. Die amptelike foto’s is eers later beskikbaar, hier is solank ‘n voorsmakie van informele foto’s wat gedurende die vertonings geneem is.





























