Hoërskool Waterkloof leerder is opgeneem om deel te neem in klavierkompetisie
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Heinrich Sutton (graad 11) wat op grond van video-uitdunrondtes gekeur is om aan die regstreekse rondtes van die Hennie Joubert-Klavierkompetisie deel te neem. Die kompetisie vind vanaf 1 tot 6 April in Stellenbosch plaas. Ons is baie trots op jou en ons hou duimvas vir ’n goeie uitslag!










