Finaliste vir Mej en Mnr Laerskool Kathu slaan die asem weg
ADVERTISEMENT
Finaliste vir Mej. & Mnr. Laerskool Kathu slaan die asem weg op die loopplank. Baie geluk aan al die leerders wat op Woensdag 6 Oktober 2024 deelgeneem het aan Mej. & Mnr. Laerskool Kathu. Die seremoniemeesters van die aand was die bekende sakeman Theo-Leighton de Kock en die minlike en sjarmante juffrou Lindi Vries.
Die leerders het ’n puik vertoning gelewer en hulle kostuums het die gehoor se asem weggeslaan. Daar was vier kategorieë waarin hulle moes deelneem, naamlik: Aarde, Vuur, Wind en Ys. Die vier gesoute beoordelaars was: Rumer Manis, ’n suksesvolle skoonheidskoningin wat al onder meer Face of Oxy en Face of Ponds gewen het, Junior Hager ’n bekende gesig in drama- en perdrykringe, Tshegetang Sebeela ’n kranige besigheidsvrou en Marlene Beukes ’n onderwysspesialis.
Die aand was ’n behoorlike skouspel van talent, nie net vanaf die finaliste nie, maar ook met items deur ’n sanggroep genaamd “The Four Flames” en ’n groep graad 3’s wat die djembe-tromme en windbuise gespeel het. Juffrou Anien Labuschagne het die gehoor bekoor met haar klavier- en klarinetspel. Die finaliste het baie hard gewerk aan al die items en kostuums vir die kompetisie met die ondersteuning van hulle ouers. Baie geluk aan al die wenners!

Die wenners van die aand is:
- Mej. Laerskool Kathu 2024 – Mienke Pretorius
- Mnr. Laerskool Kathu 2024 – Francois van Wyk
- Eerste prinses – Lika Stanton
- Eerste prins – Hunter de Villiers
- Tweede prinses – Destheonique Julius
- Tweede prins – Angus Hattingh
- Mej. Persoonlikheid – Tashnique Pedro
- Mej. Fotogenies – Olerato Ramutla









