Hoërskool Volksrust rugby oorheers Standerton
ADVERTISEMENT
Hoërskool Volksrust Rugby het Saterdag, 6 Mei 2022, teen Hoërskool Standerton deelgeneem in die eerste Mpumalanga liga wedstryde. Die 1ste span van Hoërskool Volksrust wys die staal waarvan hulle gemaak is. In ʼn skouspel wedstryd is daar oomblikke van briljante rugby waar die werk wat die jong manne die jaar ingesit het wys. Volksrust teken vyf prag drieë aan teenoor die twee drieë van SHS.
Puntemakers:
Drieë: Thabiso Mhikze, Matthew MacDonald, Owethu Sibiya, Mthobisi Kambule en Kheto Thwala. Devoghun van Heerden verdoel drie van die drieë. Matthew Macdonald laat ʼn 50 m strafskop oor die dwarslat vlieg. Halftyd telling 12-3, eindtelling 34-17.
Die ander spanne se kragte word behoorlik getoets deur SHS daar is egter groei waar van die spanne se telling kleiner is as die vorige jaar. Tydens die volgende week sal hulle werk aan geïdentifiseerde leemtes tydens die kragmeting met SHS, sodat daar nog verdere groei kan wees. Die volgende liga wedstryd is teen Hoërskool Kanonkop, 13 Mei 2023 te Middelburg.














