Hoërskool Upington maak weer golwe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Upington leerders het in Upington deelgeneem aan die *Airlink – The Link* app-ontwikkelingskompetisie, waar 13 spanne hul eie innoverende apps moes ontwerp én aanbied voor beoordelaars.
Van kreatiewe oplossings tot selfversekerde aanbiedings – ons Uppies het behoorlik uitgeblink!
Uppies het *AL DRIE TOP PLEKKE* losgeslaan!
- Orange Waves – 1ste plek
- Equalizers – 2de plek
- Mavericks – 3de plek
Elke span het ’n unieke app ontwikkel:
- Mavericks – finansiële bestuur (Suits & Savings)
- Equalizers – kreatiwiteit op sy beste
- Orange Waves – fokus op geestesgesondheid
- Skylab – leerstyle (audio, visueel, kinesteties)
- Star Force – omgewingsbewustheid (Green Ant Theme)
Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat deelgeneem het – julle wys dat die toekoms reeds hier is!

















