Hoërskool Swellendam netbal blink uit
ADVERTISEMENT
Gedurende die skoolvakansie, van 7-11 Julie, het Jana Swart (gr. 12) die o.18 Willows-span by die Telkom Nasionale Netbaltoernooi verteenwoordig. Jana is as kaptein van haar span verkies en haar span het op die ou einde 7de in die toernooi geëindig. Elf Swellie-dogters het die Overberg-span gedurende die vakansie, van 15-19 Julie, verteenwoordig en aan die Interdistrik Netbaltoernooi deelgeneem. Baie geluk aan Jeanne Gouws (gr. 10), Lené du Randt (gr. 9) en Mariana Swanepoel (gr. 11) wat as kapteine van hul onderskeie spanne gekies is.
Gedurende die naweek van 25 en 26 Julie het al die A-spanne van o.14 tot o.19 aan die Clanwilliam Superspar Netbaltoernooi deelgeneem. Na ‘n naweek van prettige, uitdagende netbal, het die Swellies vier 2de plekke, een 3de plek en een 5de plek verower. Baie geluk dogters! Julle het ‘n fantastiese vakansie en vroeë kwartaal gehad. Alle sterkte vir die Interskole.










