Hoërskool Swellendam matrieks hou ’40 Days’
ADVERTISEMENT
Met die afskop van ‘40 Days’, op 16 Augustus, het die matrieks weereens die skool oorgeneem. Die matrieks het die skool in die mark met ‘n “For Sale” plakkaat gesit. Hulle het skoolbankies opmekaar in die vierkant gepak, kinders aan pilare vasgebind, motorfietse in die gange gelos en nog vele meer! Die dag is met ‘n lekker braai en kuier by die skoolswembad afgesluit. Hoërskool Swellendam wens dan ook die matrieks sterkte toe met hulle voorbereiding vir die Rekordeksamen.
![]()










