Hoërskool Swellendam matrieks besoek Laerskool Swellendam
ADVERTISEMENT
Op 1 Oktober het Hoërskool Swellendam se matrieks, ook bekend as die graad 7’s van 2019, hul laerskole, Laerskool Swellendam en Laerskool Buffeljagsrivier gaan besoek . Die doel was om totsiens te sê en om weer die opwinding van ‘n laerskool-saalbyeenkoms te beleef, voordat hulle begin met hul eindeksamens. Dit was nie net ‘n geleentheid vir hulle om hulself weer in die skoene van ‘n kind te sien nie, maar oom ook te besef hoe ver hulle werklik gekom het.










